Aartappel en roomsuikermielie gebak

 

4 aartappels

1 blik roomsuikermielies

250ml room

2 k gerasperde kaas

 

Skil en sny die aartappels skywe en pak in lae met mielies en room in ‘n gesmeerde bak met deksel.  Maak toe die deksel en bak in ‘n oond van 180 grade tot sag en moenie loer nie. Omtrent so ‘n uur.  Voeg die kaas bo-op by nadat die gereg gaar is en sit terug in die oond tot gesmelt.  Sout en peper moet na smaak oor die aartappels gevoeg word.  Dis ‘n variasie van al die gewone aartappeldisse wat ons ken.