Tant Nannie se vinnige vla

 

Hierdie is `n baie handige reseppie.  Sy het hierdie vla al by die viswaters aanmekaar geslaan!

 

Gooi 6 eetl vla in `n maatbeker en meng met `n bietjie water tot glad en roerbaar.

Gooi omtrent 1 liter kookwater by die aangemaakte vlamengsel en klop tot dik.

Sny `n blikkie kondensmelk oop en gooi by die vlamengsel.

Voeg 1tl vanieljegeursel asook `n klein bietjie sout by en meng goed by vla in.

As die vla te dik is na jou sin kan jy `n bietjie meer kookwater byvoeg om dit dunner te maak.