Jellie Trifle

 

8 pakkies jellie(2rooi, 2geel, 2groen, 2oranje)

2 pakkies suurlemoenjellie

1 blik(397g) kondensmelk

 

Maak die eerste agt pakkies jellie volgens die aanwysings op die pakkie aan en laat dit oornag in vlak vierkantige of langwerpige houers stol.  Sny die jellie in blokkies en maak die twee pakkies suurlemoenjellie met 450ml kookwater aan.  Voeg die kondensmelk by, klits goed en laat dit net effens afkoel.  Giet `n bietjie van die kondensmelkmengsel onder in `n groot glasbak en rangskik die verskillende kleure jellieblokkies om die beurt met die kondensmelkmengsel in lae in die bak.  Wees versigtig dat die kondensmelkmengsel nie te warm is nie anders smelt die jellieblokkies.  Eindig met `n laag jellieblokkies en plaas die bak terug in die yskas om te stol.  Die keer sal dit sommer vinnig stol.  Dien dit op met vla en is genoeg vir 40 porsies.