Tannie Gerda se gekookte stoofpoeding

 

Tannie Gerda `n goeie vriendin van my Ma, het gereeld hierdie poeding op Sondae gemaak.  Dit was `n instelling om vir haar te gaan kuier en dan het ons ook van hierdie poeding gekry om van te eet.

 

3k meelblom

3eetl goue stroop

2t koeksoda

kwart t sout

1k melk

3eetl botter

 

Stroop

5k water

2k suiker

2eetl kaneel

2t gemmer

 

Meng al die stroopbestandele in `n dikboomkastrol en bring tot kookpunt.  Meng nou al jou deegbestandele bymekaar en gooi in gekookte stroop en sit die deksel op en laat kook op `n baie lae temperatuur.  Onthou om nie te loer in die pot terwyl dit kook nie anders sal dit toeslaan.  Neem gewoonlik 1 uur om gaar te word.