Skotse roompoeding

 

Hierdie is ook `n lekker poeding vir die wintermaande!

 

25ml botter of margarien

250ml koekmeelblom(1k)

2 eiers, geklits (vir deeg)

250ml melk(1k)

25ml fyn appelkoos of waatlemoemkonfyt(2eetl)

12,5ml asyn(1eetl)

5ml koeksoda(1t rond)

500ml room of ingedamte melk(2k)

500ml suiker(2k)

2 eiers geklits(vir sous)

 

Voorverhit oond tot 180 grade gasmerk 4.  Vryf botter in meel in.  Voeg eiers, melk, konfyt, asyn en koeksoda by en meng deeglik.  Gooi in vuurvaste skottel met `n volume van 2,5 liter.  Bak sowat 25 min tot mooi bruin.  Klits intussen die room, suiker en eiers tot suiker gesmelt het.  Gooi oor warm poeding net na die baktyd verstreke is en bak `n verdere 20 min totdat die sous dik is.