Heerlike souskluitjies

 

1k meelblom

2t bakpoeier

2eetl suiker

4eetl melk

halwe t sout

2eetl botter

1 eier

 

Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam en vryf die botter liggies in.  Klits eier goed terwyl die suiker geleidelik bygevoeg word.  Voeg die melk by die eiermengsel en meng dit met meelbestandele.  Kook 3k water in `n kastrol en skep lepelsvol van die deeg daarin.  Plaas die deksel op en kook vir ongeveer 10 min lank.  Skep die souskluitjies in `n vuurvaste bak.  Gebruik water waarin die souskluitjies gekook is om `n sous te maak.  Indien die water te min is, vul aan tot dit 2k vol is.  Voeg `n halwe k suiker en 1eetl kaneel by en laat kook.  Voeg 2eetl botter by en gooi die warm sous oor die kluitjies.  Bedien warm.  Ek verdik gewoonlik die sous deur 1eetl mielieblom by te voeg wat gemeng is tot `n pasta met `n bietjie water.