Koue sago poeding

 

Baie lekker en maak `n groot hoeveelheid!

 

1 pak sago (500g)

2 blikke ideal melk (groot)

3 pakkies rooi jellie

2k suiker

Halwe t sout

Kwart t wynsteensuur

10k koue water

 

Week sago vir `n paar uur in water.  Kook sago sag in water, suiker, sout en wynsteensuur oor lae hitte tot deurskynend vir 20 min.  Meng jellie met 1k kookwater per pakkie.  Meng met sago.  Laat heeltemal koud word.  Klits ideal melk styf en vou in koue sagomengsel.  Plaas in yskas.