Karamel maaskaasroomys

 

2 eiers

driekwart k suiker

250g fyn maaskaas

2k room

driekwart k melk

1pakkie karamel kitspoeding

 

Klits die eiers en suiker tot dik en romerig en voeg die maaskaas daarby in en meng.  Klits die room, melk en kitspoeding saam en meng by die eiermengsel in.  Giet in ‘n vrieshouer en vries tot dit begin hard word.  Klop goed met ‘n vurk en vries weer tot hard.  Lewer 1,75 liter.