Cassatakoek

 

1 rolkoek

500ml room

100ml strooisuiker

12 heel glanskersies, stukkies gesny

125ml gedreineerde fyngesnyde gemmerkonfyt of heel waatlemoenkonfyt

125ml gekapte neute

 

Sjokeladesous

200g melksjokelade

125g botter of margarien

50ml melk

 

Bespuit ‘n broodpan of nageregvorm met spray and cook.  Sny die rolkoek in dun snytjies en rangskik styf teenmekaar op die boom van die vorm.  Klits die room styf en voeg die strooisuiker, kersies, gemmer of konfyt en neute en meng.  Skep die mengsel op die rolkoek en maak dit gelyk en bedek met kleefplastiek.  Bevries dit 24 uur of langer in die vrieskas.  Maak die sjokeladesous net voor opdiening.  Verhit die sjokelade, botter en melk saam oor lae hitte tot gesmelt.  Ontvorm die cassatakoek op ‘n mooi opdienbord, gooi die warm sjokeladesous bo-oor en sit voor.  Plaas die oorskiet in die vrieskas.