Pap Spek en Kaas snack

 

Hierdie resep kan jy as snacks bedien en ook by `n braaivleis.  Al verskil is dat ek dit dan net `n bietjie groter maak.  Wanneer daar oorskiet pap is, maak ek gewoonlik hierdie gereggie.

 

Gaar pap

Blokkies kaas

Lang dun spek repe

 

Gebruik jou hande en vorm `n bolletjie met  kaas in die middel en vou rondom die papbol `n repie spek en steek dit vas met `n tandestokkie.  Plaas dit oop in die oond net vir die spek om gaar te word en die kaas om te smelt.