Boeresamoesas

 

Baie lekker en kan gevries word vir latere gebruik.

 

Vulsel

1 groot ui, fyn gekap

25ml kookolie

250g maalvleis

10ml kerriepoeier

5ml borrie

5ml sout

25ml mielieblom

 

Kors

500ml koekmeel

10ml bakpoeier

2ml sout

100g botter of margarien, by kamertemperatuur

100ml koue water

 

Braai die ui in kookolie tot sag en voeg die maalvleis by, en braai tot gaar.  Voeg die kerriepoeier, borrie en sout by en braai verdere 5 minute.  Maak die mielieblom met `n bietjie koue water aan en roer by vleismengsel en kook tot dik.  Laat die vulsel afkoel.  Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam.  Vryf die botter of margarien in die meelmengsel in.  Sny die water met `n slaplemmes in en gebruik net genoeg water om `n stywe deeg te vorm.  Rol die deeg dun uit op `n meelbestrooide plank en druk sirkels met `n vrugteflesdeksel af.  Skep `n teelepel vulsel op elke sirkel.  Maak die rande van die sirkels met koue water klam.  Vou oor en druk stewig vas.  Braai die  tertjies in warm diep olie tot uitgerys en goudbruin.  Dreineer op kombuispapier.