Kerrievistertjies

 

125ml melk

125ml kookolie

1 eier

250ml koekmeel

10ml bakpoeier

1ml sout

1blikkie(225g) kerrievis, fyngemaak

 

Voorverhit oond na 220 grade.  Spuit die holtes van kolwyntjiepanne.  Klits die melk, kookolie en eier saam tot gemeng.  Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en meng met vloeistof. Skep teelepelsvol van die deeg in die kolwyntjiepanne en plaas `n lepeltjie vis bo-op.  Bak die tertjies 10 minute lank op die middelste oondrak.