Katkoppe

 

Frikkadelletjies

3 snye witbrood

melk

1kg maalvleis

1 ui gerasper

2 eiers

50ml asyn

50ml koekmeel

10ml sout

5ml bakpoeier

5ml braaivleisspeserye

2ml geuropwekker

knypie peper

 

Beslag

500ml koekmeel

10ml bakpoeier

2 eiers

2ml sout

400ml melk

kookolie vir diep braai

 

Week die brood in melk.  Druk soveel melk as moontlik uit wanneer die brood deurweek is en maak die brood goed fyn, hou die melk om in die beslag te gebruik.  Voeg die maalvleis, ui, eiers, asyn, koekmeelblom, sout, bakpoeier, braaivleisspeserye, geuropwekker en peper by die brood en meng.  Vorm frikkadelletjies.  Klop die meelblom, bakpoeier, eiers, sout en melk saam tot goed gemeng en sonder klonte.  Doop die rou frikkadelletjies in die beslag en braai hulle dan oor matige hitte in warm, diep olie tot ligbruin en gaar.  Dreineer op kombuispapier.