Simbaskyfiebroodjies

 

Maak hierdie broodjies sommer al die aand tevore sodat dit lekker kan intrek.  Vinnig om te maak en baie goedkoop!

 

Hoeveelheid brood  van jou keuse(gebruik dag van tevore se brood, werk makliker as dit nie so vars is nie)

Simbaskyfies van jou keuse(ek gebruik altyd Mecixan Chilli)

Mayonnaise, dunner gemaak met melk

 

Sny die brood in vorms van jou keuse, maar verwyder die korsies.  Doop hulle in die dunner mayonnaise en rol hulle in fyngemaakte skyfies.  Verpak in bak wat kan toe maak.