Kaasskoenlappers

 

500ml koekmeel

5ml bakpoeier

1ml sout

1ml rooipeper

175ml botter of margarien

250ml cheddarkaas, gerasper

bietjie yskoue water

 

Vulsel

12,5ml margarien

5ml ui gerasper

1 groot tamatie, ontvel en in blokkies gesny

125ml Cheddarkaas, gerasper

2 ekstra groot eiers, geklits

rooipeper

 

Verhit oond tot 180 grade.  Smeer bakplate goed.  Sif droë bestandele saam en vryf die botter met jou vingers in tot goed gemeng.  Voeg die cheddarkaas by en meng.  Voeg net genoeg water by om `n stywe deeg te vorm wat uitgerol kan word.  Rol uit op `n oppervlak wat met meel bestrooi is en rol 3mm dik uit.  Druk klein sirkels uit.  Sny die helfte van die sirkels in die helfte deur en plaas hulle op die bakplate.  Bak ongeveer 10-15 minute tot strooikleurig.  Laat heeltemal afkoel.  Verhit die margarien in `n pan en braai die ui en tamatie heeltemal tot dit in `n  moes verander.  Voeg die kaas by en meng tot gesmelt.  Voeg nou die eier by en verhit totdat die mengsel verdik terwyl jy gedurig roer.  Moenie skrik as dit skif nie, dit moet so wees.  Geur met sout en rooipeper en laat koud word.  Skep `n teelepelvol van die vulsel op elke sirkel en plaas die helftes regop bo-op die vulsel sodat dit soos skoenlappers se verke lyk.