Wasgoedbondeltjies

 

Ma Bootha was altyd lief om dit te maak.

 

Vulsel

12,5ml olie

1 ui gekap

500g maalvleis

50ml tamatiepuree

sout en peper na smaak

basiliekruid(opsioneel)

 

Deeg

6x250ml koekmeel

10ml bakpoeier

5ml sout

275ml margarien

2 ekstra groot eiers

150ml melk

 

heel naeltjies

olie vir diepbraai

 

Verhit die olie en braai ui tot sag.  Voeg maalvleis bietjie vir bietjie by en braai tot gaar.  Voeg die tamatiepuree by en geur na smaak met sout en peper en basiliekruid.  Hou eenkant.  Sif droë bestandele en vryf margarien in tot goed gemeng.  Klits eiers effens en voeg by mengsel.  Voeg net genoeg melk by om stywe deeg te vorm.  Rol deeg 3mm dik uit en sny in vierkante.  Skep `n lepel vol vulsel op elke vierkant en vou die kante na die middel en steek met `n naeltjie vas in die middel.  Braai die bondeltjies in warm olie tot mooi bruin en deeg gaar is.  Probeer verhoed dat bondeltjies afsak op die bodem, anders sal hulle brand.  Dreineer op handdoekpapier.