Kaastertjies

 

Kors

125g botter of margarien

1 eier

knypie sout

15ml kookwater

375ml koekmeel

7ml bakpoeier

 

Vulsel

30ml botter of margarien

50ml koekmeel

250ml melk

125ml gerasperde cheddarkaas

15ml gyn gekapte pietersielie

15ml gerasperde ui

1ml sout

1 eier, geklits

bietjie ekstra gerasperde kaas vir bo-oor

 

Smelt die smeer en laat afkoel tot lou.  Klits die eier en sout goed saam.  Klits die water by en meng dit met die smeer.  Sif die meel en bakpoeier saam, maak `n holte in die middel en giet die smeermengsel daarin.  Sny met `n slaplemmes in om deeg te meng.  Druk die deeg dun uit in die holtes van klein kolwyntjiepanne.  Smelt die smeer en roer die meel bietjiesgewys en vinnig by.  Roer die melk by en roer aanhoudend en kook tot dik.  Haal van die stoof af en roer die kaas , pietersielie, ui en sout by.  Roer die eier vinnig by.  Skep die vulsel in die rou doppies en strooi gerasperde kaas bo-oor.  Bak die tertjies sowat 40 minute of tot goudbruin in `n voorafverhitte oond van 180 grade.  Lig die tertjies versigtig uit en laat effens afkoel en sit louwarm voor.  Lewer ongeveer 36 tertjies.