Lepelsteeltjies

 

Hierdie reseppie is `n treffer en die resep word elke keer gevra.  Al wat ek aan die resep verander het, is dat ek nie konfyt met die baktyd in die holte skep nie, maar wel as ek dit wil opdien.  Ek vries hulle ook wanneer ek `n partytjie het en vul net later.

 

500ml koekmeel

2ml sout

1ml bakpoeier

625ml gerasperde cheddarkaas

250g botter of margarien, by kamertemperatuur

sowat 60ml appelkooskonfyt of soveel as jy wil vul

 

Sif die meel, sout en bakpoeier by en meng.  Voeg die smeer by en meng tot `n deeg.  Rol okkerneut groot balletjies en plaas in die holtes van `n klein kolwyntjiepannetjie.  Druk `n gaatjie in die middel van elke koekie met die agterkant van `n houtlepel maar moenie dwarsdeur druk nie.  Skep `n mespuntjie konfyt in elke holte.  Bak die koekies sowat 15 minute  in `n voorafverhitte oond by 200 grade.  Laat hulle afkoel en bewaar in `n digte houer.  Net voor opdiening kan die gaatjies met nog `n bietjie konfyt gevul word.  Lewer ongeveer 60 koekies.