Skons

 

Pierre van Tonder was een van my kollegas saam met wie ek gewerk het by die Lugmag op Ellisras.  Sy vrou, Nellie, het altyd vir hom die heerlikste kosblik ingepak en almal was altyd jaloers op sy kos.  Nellie het gereeld vir hom hierdie skons gebak.

 

1k meel

2t bakpoeier

1eetl margarien

1 eier

sout

 

Vryf botter in droë bestandele in en meng met melk.  Ek het ook al in die plek van die melk,  room, ongegeurde joghurt of karringmelk gebruik.  Rol uit omtrent so 1 en `n halwe cm en druk uit.  Verf bo-oor die skons melk of eier om dit bruin te laat bak.  Bak in voorafverhitte oond van 180 grade tot gaar.  Onthou om nie die deeg te veel te meng nie dan rys hulle nie so mooi nie.