Spek en Kaaswieletjies

 

Vinnige reseppie en baie lekker!

 

400g klaar gerolde skilferdeeg, ontvries

250g rugspek, swoerd verwyder

500ml gerasperde kaas

 

Rangskik spek op die oopgerolde deeg.  Dit is nie nodig om dit verder uit te rol nie.  Strooi kaas bo-oor.  Rol styf op.  Plaas oornag in die yskas tot styf.  Stel oond op rooster.  Gebruik `n elektriese mes en sny die deeg in ronde skywe.  Plaas onder rooster tot ligbruin, draai om en rooster ander kant ook.  Die happie smaak sommer vorentoe as dit nog so effens warm is, maar kan ook koud voorgesit word.  Kruie na smaak kan ook bygevoeg word.