Viennas met kaas en bacon

 

Hierdie is ook `n vinnige snackie wat jy aanmekaar kan slaan sonder enige moeite.

 

Sny viennas in groottes van jou keuse.  Sny `n keep in die kante daarvan.  Plaas `n stukkie kaas binne in die spleet en draai bacon om die Vienna en steek vas met `n tandestokkie.  Rooster in die oond net tot gaar.  Passop vir te lank in die oond anders droog dit uit.