Vleispasteitjie deeg (krimp glad nie)

 

Vryf 625g margarien in 6 koppies meel, halwe teelepel kremetart en 1 en `n halwe teelepel sout.  Maak aan met 3 eiergele en 60ml wit asyn saamgeklits in `n driekwart koppie yswater.  Vou toe in `n plastiek en plaas in die yskas vir ten minste 6 ure.   Die beste resultate word verkry wanneer deeg koud is.  Rol uit en gebruik vulsel onder.