Vulsel vir vleispasteitjies

 

Kook saam 1kg maalvleis, halwe teelepel sout en `n kwart koppie blatjang.  Sodra vleis deurgekook het, voeg daarby `n halwe teelepel aromat, kwart teelepel naeltjies, halwe teelepel mosterd, halwe pakkie knor meatballmaker, kwart koppie hawermout en een sny geweekte bruinbrood.  Druk al die water uit die brood en meng met die vleis en kook vir 1 minuut.  Druk in `n plat bak en laat stol in die yskas.  Sny repe en sit op die deeg en vou toe.  Bak in oond van 180 grade tot bruin en gaar.