Souttertjies

 

Gebruik vleispasteitjie deeg van hierbo en rol uit en druk sirkels van 60mm deursnee.  Plaas in gesmeerde kolwyntjiepanne.

 

Vulsel

3 eetl meelblom

2 eetl margarien

3k melk

sout na smaak

4 eiers

1 blik weense worsies, gesny(375g)

1 eetl gerasperde ui

3k kaas grof gerasper

knippie rooipeper

2ml mosterdpoeier

 

Maak witsous van eerste vier bestandele en klits die eiers een vir een by.  Voeg die res van die bestandele by en meng goed.  Skep in die rou korsies in die kolwyntjiepanne en bak by 180 grade tot ligbruin.