Soutkors vir worsrolletjies

 

Hierdie reseppie het ek by Tannie Lenie op die plotte gekry.  Sy het altyd vir my alle soorte vleispasteie gebak maar naderhand nie meer daarvoor kans gesien nie.  Toe het ek `n plan gemaak om die kors reseppie by haar te bedel.

 

3k meel

4t bakpoeier

halwe t sout

150g margarien

1k room

2 eiers geskei

 

Klits eiergele en room saam.  Vryf margarien in droë bestandele in.  Meng alles saam en rol uit soos normaalweg.