Souttert

 

Ek maak altyd hierdie souttert en het nie eens gebodder om dit neer te skryf nie want ek maak dit uit my kop totdat almal my herinner het dat ek nie so ‘n resep in my resepteboek het nie.

 

1 blik viennas of 1 pakkie viennas in ringetjies gesny

1 blik soutvleis

250g gesnipperde bacon

2k gerasperde kaas

1 ui gerasper

2 eiers

driekwart koppie meel

1t bakpoeier

 

Meng alles deurmekaar en bak in `n vooraf verhitte oond by 180 grade tot gaar.  Min of meer so 40 minute.