Souttert met aartappelkors

 

Kors

500ml gaar aartappels

50ml botter

10ml bakpoeier

2 eiers

 

Roer die botter in die fyngemaakte aartappels en voeg die geklitste eiers en bakpoeier by en meng.  Vorm `n tertkors in `n gesmeerde tertbak.

 

Vulsel

1 blikkie beesvleis of ham of weense worsies

3 hardgekookte eiers

250ml witsous

1 eier

125ml melk

 

Maak die eiers fyn en voeg saam met die vleis en witsous.  Skep die mengsel in die tertkors.  Klits die eier en melk saam en gooi oor die vulsel en bak tot ligbruin teen 180 grade.  Kaas kan ook bo-oor gestrooi word vir `n ander smaak.