Souttert (Tannie Elize De Vaal)

 

Vandat ek die reseppie probeer het bly dit my gunsteling, definitief die moeite werd.

 

Kors

1k meel

1t bakpoeier

halwe t sout

4eetl margarien

1eetl olie

1 eier

 

Sif die meel, bakpoeier en sout saam en frummel die margarine daarin.  Klits die olie en eier saam en meng by die meelmengsel.  Druk vas in ‘n tertbak wat gesmeer is en hou eenkant tot die vulsel klaar voorberei is.

 

Vulsel

1eetl margarien

1eetl meel

halwe t sout

1k melk

1t pietersielie

halwe t mosterd

peper na smaak

5 eiers

1 groot ui

2eetl olie

1 blik weense worsoes of soutvleis

1k gerasperde kaas

1t tamatiesous

 

Maak witsous van die margarien, meel en melk.  Kook 3 van die eiers in water tot gaar en dop af en hou eenkant.  Kap die ui grof en soteer in die olie tot sag.  Dreineer die weense worsies en sny in ringetjies of as jy soutvleis gebruik sny in stukke.  Meng die uie , vleis en van die kaas, asook die opgesnyde gekookte eiers  by die witsous in en gooi in die ongebakte tertdop.  Smeer die tamatiesous bo-oor en strooi res van die kaas oor.  Bak in ‘n voorverhitte oond van 180 grade en bak vir 40min tot dit verbruin en gaar is.  Sit lou-warm voor.