Staatmakerskons

 

2k meel

1eetl bakpoeier

halwe t sout

125g botter

125ml melk

1 ekstra groot eier

 

Sif die meel, bakpoeier en sout saam en frummel die botter daarby in.  Klits die melk en die eier saam en sny in die meel met ‘n slaplem mes.  Verhit die oond tot 200 grade.  Rol 2cm dik uit en druk sirkels.  Bak 12min tot bruin en laat afkoel.

 

Kaasvulsel

2 eetl botter

3eetl meel

halwe t sout

rooipeper

1k melk

1k gerasperde kaas

 

Smelt botter en roer meel, sout en peper by.  Voeg melk daarby in en dan die kaas.  Laat afkoel en voeg res van die kaas by.