Wasgoedbondeljies

 

Vulsel

2 uie

30ml olie

4 aartappels

500g maalvleis

1k water

2t Kerrie

2t sout

peper na smaak

 

Kap die uie fyn en soteer in olie tot sag.  Sny aartappels dobbelstene, voeg by uie met vleis, water, Kerrie, sout en peper en stowe tot gaar.  Laat afkoel.

 

Deeg

4k meel

4t bakpoeier

1t sout

1t aromat

2eetl margarien

1 groot eier

1 en driekwart k sodawater

olie om in te braai

 

Sif die meel, bakpoeier en sout saam en frummel die margarien daarby in.  Klits die eier en die sodawater saam en meng met die meelmengsel.  Verdeel deeg in 15 ewe groot stukke.  Rol uit en sny in sirkels.  Sit vulsel in die middel van die sirkels en maak rande van deeg klam met koue water vou deeg toe na die middel laat dit soos bondels lyk.  Bak in matige olie tot gaar.  Dit vries ook baie goed.