Millie se maklike vleispastei deeg

 

Toe Millie gesê het sy het baie monde gevoed met die resep toe sy spysenering in Hoedspruit gedoen het, het ons dit probeer en was glad nie teleurgesteld nie.  Kan vir soet of sout gebruik word en vries wonderlik.

 

5k koekmeel

500g rama(geen plaasvervangers nie)

1k kookwater

 

Gooi meel in mengbak en rasper rama daaroor.  Gooi die kookwater oor die rama en laat staan ‘n halfuur.  Meng goed deur en sit die deeg in ‘n plastieksak oornag in die yskas of ten minste vir 5 ure.  Rol dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en gebruik soos verkies.