Driehoek vleispasteitjies

 

375g maalvleis

375ml gerasperde cheddarkaas

190ml gladde maaskaas

2 eiers liggies geklits

sout en peper na smaak

1 pak bevrore skilferkors, ontdooi

 

Voorverhit oond na 200 grade.  Smeer bakplaat liggies.  Braai vleis in pan oor matige hitte tot bruin.  Dreineer die ekstra vet en skep die vleis in die mengbak.  Meng die kaas, maaskaas en eiers by en geur met sout en peper.  Rol die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en sny dit in 8 vierkante van 15 x 15 cm.  Skep omtrent 80ml van die vleismengsel bo op die vierkante.  Maak die rante van die deeg nat met water en vou die een hoek oor die vulsel om ‘n driehoek te vorm.  Druk die rante toe met ‘n vurk om toe te maak.  Bak 15minute tot goudbruin.  Sit voor met vars slaai of groente.  Genoeg vir 4 mense.