Mieliepaphappies

 

500ml growwe mieliemeel

2ml sout

375ml koue water

750ml warm water

12 repe spekvleis

2 groot uie, gekap

1 groen rissie, gekap

5ml gekapte vars knoffel

1ml rooi peper

50ml vars gekapte pietersielie

3 eiers

250ml vars broodkrummels

olie

 

Meng mieliemeel, sout en koue water in pot.  Voeg warm water by en prut tot gaar.  Roer gereeld.  Braai spek tot bros en kap fyn, voeg die uie, rissie en knoffel ook daarby en braai tot sag.  Voeg saam met die spek by die pap en meng goed.  Klits ‘n eier en roer dit in.  Geur met sout en rooipeper na smaak, voeg pietersielie by en meng goed.   Vorm die mengsel in bolletjies, doop eers in die eier en dan in die broodkrummels.  Verhit genoeg olie vir diepbraai en braai die bolletjies tot goudbruin.  Maak omtrent 55 happies.