Biltongpoffertjies

 

100g fyn biltong

250ml volkoringmeel

250ml koekmeel

30ml bakpoeier

5ml mosterdpoeier

5ml sout

125ml gerasperde cheddarkaas

3 eiers

200ml melk

100ml olie

15ml suurlemoensap

 

Smeer ‘n mikrogplf muffinpannetjie liggies.  Meng die biltong, volkoring en koekmeel, bakpoeier, mosterd en sout saam ‘n mengbak.  Vou die kaas liggies in.  Klits die eiers, melk, olie en suurlemoensap saam en roer liggies by die meelbestandele.  Moenie te veel meng nie, net tot alles aangeklam is.  Skep van die beslag in ‘n muffinpannetjie tot driekwart vol.  Mikrogolf ses poffertjies ongeveer 3 min by 100% krag.  Verwyder uit pannetjie en laat afkoel.  Herhaal tot die beslag op is.  Sit voor saam met botter.  Maak ongeveer 15 poffertjies.  Jy kan ook ‘n gewone oond gebruik.  Bak vir 10min by 180 grade.