Botterskorsieskons

 

Hierdie skons moet louwarm voorgesit word met gerasperde kaas.  Het ‘n heerlike klam tekstuur.

 

750ml bruismeel

5ml bakpoeier

2ml (ruim) sout

60ml strooisuiker

60ml olie

2 eiers

125ml melk

250ml gaar botterskorsie

 

Voorverhit oond na 220 grade en smeer bakplaat.  Sif meel, bakpoeier, sout en strooisuiker saam.  Klits die olie, eiers en melk saam en roer die botterskorsie in.  Meng die botterskorsie mengsel liggies met die meelmengsel.  Meng so min as moontlik, die meel moet net effens klam wees.  Druk die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak plat omtrent 3cm dik.  Druk uit in vorms en bak vir 12-15min.