Mexikaanse hoenderfrikkadelle

 

300g rou hoenderborsies sonder vel of been

10ml vars gekapte pietersielie

kwart rooi soetrissie, gekap

3 repe spekvleis, gekap

1 ekstra groot eier, geklits

1 ui, gekap

60ml gerasperde cheddar kaas

15ml mayonnaise of suurroom

25ml blatjang

sout en peper

paprika en mexikaanse speserye na smaak

60ml koekmeel om in te rol

olie

 

Voorverhit oond tot 180 grade en smeer oondbak met olie of bespuit.  Maal of verwerk die hoender, pietersielie en soetrissies tot fyn.  Voeg die res van die bestandele behalwe die meel by en meng goed.  Geur goed met sout en peper, paprika en speserye na smaak.  Verkoel vir minstens 1 uur lank.  Vorm frikkadelle en rol in die meelblom.  Pak in die bak, smeer ‘n bietjie olie bo-oor en bak ongeveer 25 tot 30 minute tot gaar.  Verbruin onder die roosterelement en sit voor.  Jy kan dit ook as ‘n ligte middagete bedien.  Bedien dan salsa sous saam met fyn kapokaartappels en ‘n slaai.