Mosterdstrooitjies

 

Olie vir smeer

550ml koekmeelblom

10ml mosterdpoeier

5ml sout

10ml bakpoeier

3ml paprika of rooipeper

250g botter of margarien

310ml cheddarkaas, gerasper

10ml heel korrelmostert

30-40ml yswater

1 ekstra groot eier, geklits

 

Voorverhit oond na 230 grade en smeer bakplaat liggies met die olie.  Meng die meel, speserye en geurmiddels, sout en bakpoeier.  Rasper die botter en vryf in by die meelbestandele.  Voeg die kaas en heelkorrelmosterd by, asook genoeg yswater om ‘n stywe deeg te vorm.  Rol die deeg 6mm dik uit en verf met geklitse eier.  Sny die deeg repies, draai elke reep ‘n paar keer en bak 10 min.  Laat effe afkoel op die bakplaat en pak op draadrakkie en laat afkoel.  Sit in lugdigte houers tot gebruik.