Kaasbolletjies

 

Verwerk 125g gerasperde cheddarkaas, 125g gerasperde goudakaas, 150g maaskaas, 5ml worcestersous en ‘n knippie rooipeper en ‘n halwe fyngedrukte pak creamcrackers saam tot dit ‘n bol vorm.  Rol in balletjies en dan in fyngekapye neute, saadjies of krummels.  Verkoel in ‘n lugdigte houer tot benodig.