Ontbytstafies

 

175g botter

125ml heuning

300ml ligbruinsuiker

875ml hawermout

8ml kaneel

200ml pekan of okkerneute, grof gekap

140ml rosyne  

180ml droë mango gesny

140ml droë appelkose

200ml pampoenpitte of sonneblomsaad

125ml amandels

125ml sesamsaad

 

Voorverhit oond na 170 grade en spuit vierkantige bak uit met spray en cook.  Smelt die botter en heuning en voeg suiker by.  Roer 5 minute oor lae hitte tot die suiker gesmelt is.  Bring die mengsel tot kookpunt en kook vir 2 minute.  Meng die res van die bestandele deeglik en roer dit by die suikerstroop in en meng baie goed.  Druk die mengsel egalig in die bak vas met `n onderkant van `n glas.  Bak vir 15 minute en laat afkoel.  Sny in stafies.  Maak ongeveer 20 stafies.  Hierdie resep is net `n riglyn, jy kan enige neute, grondboontjies en enige droë vrugte ook gebruik.  As jy nie van iets hou nie kan jy dit uitlaat na jou smaak.