Toffie-appels(grootmaat)

 

30 medium appels

30 stokkies

375ml water

4k suiker

1ml sout

250ml goue stroop

rooi kleursel

gesmeerde botterpapier

 

Was en droog die appels af en steek stokkies by die stigelend stewig in.  Sit die blik stroop in kookwater om dit makliker te meet want dit sal dan dunner wees.  Doop die lepel en koppie ook in die kookwater.  Los die suiker op in die water, voeg die sout en stroop by en kook tot dit ligtekraak-stadium bereik.  Voeg die kleursel by en roer.  Steek die appels in die warm mengsel (hou dit warm terwyl daarmee gewerk word, maar moet nie kook nie).  Laat die oortollige stroop afloop en plaas die appels met die blom-end op gesmeerde botterpapier.  Na `n paar minute sal dit hard wees.