Peanutbrittle

 

25ml botter

375ml suiker

125ml stroop

knippie sout

125ml water

250ml skoongemaakte grondbone

1ml koeksoda

5ml vanilla

 

Smelt die botter in `n kastrol en voeg die suiker, stroop, sout en water by.  Roer tot die suiker opgelos is en kook dit dan sonder om te roer.  Kook totdat dit die ligte kraakstadium bereik d.w.s tot die mengsel bros word as as dit in koue water getoets word.  Voeg die koeksoda, grondbone en geursel by en gooi die mengsel in `n gesmeerde plat pan.  Merk vierkante daarop as dit effens afgekoel is en breek in stukke as dit koud is.