Mikro-maklike peuselfudge

 

Hierdie reseppie is ek baie lief om te maak, nie net omdat dit so vinnig in die mikrogolf gedoen kan word nie, maar dis flopproof!

 

1 blik kondensmelk

500ml strooisuiker

125g botter

500ml klapper

15ml karamelgeursel

15 glanskersies fyn gekap(opsioneel)

15 okkerneute fyn gekap (opsioneel)

 

Smeer `n vierkantige of langwerpige bak met botter.  Meng kondensmelk, strooisuiker en botter in `n diep mikrogolfvaste bak.  Mikrogolf 2 minute lank by 100% krag.  Roer goed en plaas terug in mikrogolfoond.  Mikrogolf nog 10 minute lank by 100% krag.  Hou mengsel gedurig dop, want dit kook maklik oor.  Roer elke nou en dan.  Voeg die res van die bestandele by en meng goed.  Giet in gesmeerde bak en laat afkoel.  Plaas in die yskas tot gestol.  Sny in blokkies voordat dit te hard word.  Lewer ongeveer 30 blokkies.