Suurlemoendrankie

 

Hierdie koeldrank is baie lekker veral hier op Ellisras waar ons so naby die hel is.  Wanneer suurlemoene volop is, druk ek die sap en vleis daarvan uit en vries dit en maak die drankie in die warm somermaande.

 

Vars suurlemoene

1 suurlemoenskil, gerasper

500ml suiker

2 liter water

 

Druk die sap uit totdat jy omtrent 375ml sap het.  Krap ook die vleis en pitte uit en plaas in `n vlekvrye kastrol.  Voeg die res van die bestandele by en roer goed.  Bedek en laat oornag staan op `n koel plek.  Giet die volgende oggend deur `n sif en daarna in skoon bottles, skroef toe en plaas in die yskas.  Dien yskoud op.(Dis nie nodig om hierdie drankie te verdun nie).  Lewer omtrent 2 liter koeldrank.