Versuikerde grondbone

 

500ml suiker

250ml water

3ml rooi voedselkleursel

knippie sout

500g ongesoute grondbone

 

Meng die suiker en water in `n pot en laat kook oor stadige hitte.  Roer aanhoudend totdat die mengsel begin kook.  Voeg die kleursel en die sout by en meng.  Voeg die grondbone by en kook ongeveer 12 minute lank tot hardekraakstadium.  Roer elke nou en dan.  Drup `n druppel van die stroop in die water, as dit hard word en bros drade trek is dit reg.  Verwyder die pot van die stoof en roer aanhoudend met `n houtlepel totdat die stroop rondom die grondbone begin kristaliseer.  Skep die grondbone uit op `n skinkbord en laat heeltemal afkoel.  Bewaar in lugdigte houer.