Suurlemoenverkwikker

 

10 tot 12 groot suurlemoene

12x250ml suiker

15ml sitroensuur

15ml wynsteensuur

15ml engelse sout

1,5 l kookwater

 

Rasper eers die skil van die suurlemoene af en druk dan die sap uit.  Gooi die skil en sap in `n groot pot.  Gooi die suiker, sitroensuur, wynsteensuur en engelse sout bo-oor.  Gooi die kookwater oor en roer deeglik totdat die suiker gesmelt het.  Laat die stroop oornag staan.  Syg die stroop die volgende dag deur en gooi in skoon bottels.