Klapperys

 

My pa is `n erge soettand en baie lief vir hierdie lekkers en ek moes dit altyd vir hom maak veral toe ek nog in die huis was.

 

2k suiker

halwe k melk

1k klapper

koekkleursel

 

Kook suiker en melk vir 11 minute oor lae temperatuur.  Meng klapper in en gooi in gesmeerde pan en laat afkoel.  Jy kan eers `n wit laag in die pan gooi en daarna  kan jy `n pienk laag  bo-oor gooi.  Dit vertoon baie mooi.