Freda se maklike mikrogolf fudge

 

500g strooisuiker

125g margarien

397g kondensmelk

5ml vanilla

 

Plaas al die bestandele behalwe die geursel in ‘n diep bak want dit kook hoog op.  Mikrogolf vir 4 minute by volle krag en verwyder dan uit die oond en roer goed tot al die suiker opgelos is.  Mikrogolf dan weer vir 8 minute by volle krag en haal uit die oond en voeg geursel by en klop met ‘n houtlepel ‘n paar sekondes tot dik en romerig.  Oppas dit stol maklik!  Giet in ‘n gesmeerde bak en laat effens afkoel voor dit in blokkies gesny word.

 

Variasies:

Klapperfudge- voeg 125ml klapper saam met die vanilla by die mengsel by die tweede mikrogolfproses. 

Sjokeladefudge-voeg 30ml kakao by die mengsel voor die eerste mikrogolf proses.

Karamel-neutfudge-vervang vanillageursel met 60ml gekapte neute en 5ml karamelgeursel en voeg by die tweede mikrogolfproses.