Jan Smuts-koekies

 

Soetkors

4k meelblom

250g margarien

1k suiker

3t gelyk bakpoeier

1 eetl vlapoeier

2 eiers

1t sout

 

Room suiker, botter en eiers.  Meng droë bestandele met jou hande in die bottermengsel en plaas in `n plastieksak om klam te bly. 

 

Vulsel

125g margarien

125g suiker

2 eiers geklits

225ml koekmeel

5ml bakpoeier

appelkooskonfyt

 

Verroom die margarien en die suiker saam.  Voeg die eiers by en meng.  Sif die koekmeel en bakpoeier en  saam en meng dit met die eiermengsel.  Rol deeg uit en druk af in sirkels.  Plaas dit in kolwyntjiepanne wat vooraf gesmeer is en sit omtrent 2ml appelkooskonfyt in elke bakkie in die pannetjie.  Voeg bo-oor van bogenoemde vulsel en bak in `n voorafverhitte oond by 180 grade vir 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.