Hertzoggies

 

Soetkors

4k meelblom

250g margarien

1k suiker

3t gelyk bakpoeier

1 eetl vlapoeier

2 eiers

1t sout

 

Room suiker, botter en eiers.  Meng droë bestandele met jou hande in die bottermengsel en plaas in `n plastieksak om klam te bly. 

 

Klappervulsel

5k klapper

125g margarien

2t vanilla

2k suiker

8 groot eiers

knippie sout

 

Room botter en suiker.  Voeg eiers, vanilla en sout by en dan laaste die klapper.  Gebruik vorige resep as riglyn en skep oor die appelkooskonfyt bogenoemde klapper mengsel oor en bak ook vir 15 minute by 180 grade.