Koffiekoekies(geen eiers-heerlik)

 

8k meel

500g margarien

2k suiker

500g stroop

3t koeksoda

1t vanilla

halwe k baie sterk koffie

 

Meng botter en suiker, voeg stroop by, maak koeksoda aan met die koffie.  Sif meel by en maak styf genoeg aan om deur `n vleismeul te gaan.

 

Vulsel

Halwe pak versiersuiker

2eetl margarien hoogvol

knippie sout

1t vanilla

2eetl baie sterk koffie

 

Meng goed en voeg laaste die koffievloeistof.  Sit twee, twee koekies opmekaar met die vulsel.  As jy nie `n vleismeule het om die koekies uit te druk nie, kan jy ook die koekiedrukker gebruik wat plat koekies uitdruk.